Friday 7 September 2012

Alles oor Appelliefies




Hoe minder aandag appelliefies kry, hoe meer floreer hulle!
Appelliefies bevat betakaroteen en vitamien C, wat 'n sterk immuunstelsel bevorder, en kalium, wat help om bloeddruk te beheer. Die vrug is ook redelik laag in kilojoules.
Plantwenke
• Die beste tyd om die saailinge uit te plant is tussen Augustus en Februarie, want die plant hou nie van ryp nie. • Hoewel appelliefies in swak grond sal groei, moet die grond goed dreineer. Die plant sal ook daarby baat as kompos en beenmeel bygevoeg word.
• Plant dit in volson.
Kweekwenke

• Maak daagliks nat terwyl die plant groei. Vermy "nat voete", maar moet ook nie dat die plant heeltemal uitdroog nie. • Voeg elke ses weke 'n ligte kunsmis soos 2:3:2 by. Oppas vir te veel stikstof, want die plant sal te groot word en minder bessies dra. • Die groen vrugte is giftig en het glo al tot siektes en dood onder vee gelei.

Oeswenke
• Die plant sal ná sowat vier maande begin bessies dra. • Hoewel appelliefies in die somer begin dra, word die beste vrugte in die winter gelewer. • Appelliefies kan vir maande lank weekliks geoes word - maklik tot ses maande aaneen. As die toestande gunstig is, sal die plant selfs heeljaar dra.
Peste en plae
• Die volwasse plant word nie sommer gepes nie, maar Amerikaanse bolwurm, rooispinnekop en roes kan jong plantjies teister. Gebruik Dipel vir bolwurm of dieselfde spuitmiddels wat jy vir jou tamatieplantjies sal gebruik, want die plante is familie en word deur dieselfde peste gepla.
• As jy net een of twee bosse het, is dit maklik om die plant organies te verbou.

(Source unknown)