Friday 7 September 2012

Glutenvrye appelkrummel




Genoeg vir: 6-8
Oondtemperatuur: 200˚C

• 2 blikke tert-appels, gedreineer en in blokkies gesny
• 120 g bruinsuiker
• sap en skil van 2 lemoene
• 250 ml droëvrugte-koekmengsel
• 80 ml gekapte glanskersies

Bolaag
• 25 ml (25 g) botter
• 80 ml (60 g) rysmeel
• 30 ml (25 g) strooisuiker
• vla om voor te sit
1 Gooi die appels, suiker, en die lemoensap en -skil in ’n kastrol en verhit dit liggies. Laat dit vir vyf minute prut en roer dan die vrugtemengsel en kersies daarby. Laat dit vir twee minute prut en skep dit dan in individuele ramekins of in ’n groot oondvaste bak.
2 Bolaag Vryf die botter in die rysmeel in en voeg die suiker by. Skep dit oor die vrugte en bak dit in ’n warm oond vir 20 tot 30 minute of tot dit goudbruin is. Sit dit warm voor met vla.

(Idees)