Tuesday 11 September 2012

BROS AARTAPPELSKYFIE-EN-SPEK-SLAAI



4 groot aartappels, in baie dun skywe gesny met skil en al
50g pecorino-kaas, in dun skyfies gesny, om te garneer
sout om die aartappelskyfies te geur                    45ml olyfolie
250g repiespek (streaky bacon)                           4 eiers
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak         
4 handevol baba-spinasieblare
sowat 100ml olyfolie                                          sowat 50ml balsemasyn

Verhit jou oond tot 200C. Voer ’n bakplaat met bakpapier. Plaas die aartappelskyfies op die bakplaat en gooi die 45ml olyfolie en ’n bietjie sout oor. Sorg dat die aartappels goed bedek is met die olie. Plaas in die oond en rooster vir 30-40 minute tot bros. Dreineer op kombuispapier. Plaas die spek op ’n bakplaat en rooster in die oond vir 10 minute tot bros. Kook die eiers vir 3 minute - jy wil ’n medium-saggekookte eier hê. Rangskik die aartappels, spek en spinasieblare vir elke persoon in ’n vlak bak. Geur met sout en swartpeper. Breek die eier daaroor en sprinkel ’n bietjie olyfolie en balsemasyn oor. Garneer met pecorino-skyfies. Lewer 4 porsies.