Friday 7 September 2012

BOKMELKKAASSLAAI




4 medium rooibeet, gekook in kwarte gesny         1 pakkie vars roket
4 lemoene, geskil, gesny                                   100g Bokmelkkaas
100g amandels                                                balsamiese asyn
olyfolie


Meng die gesnyde lemoene, gekookte rooibeet en roket versigtig saam. Panbraai die amandels vir 'n paar minute - wees versigtig om hulle nie te brand nie. Sny die Bokmelkkaas oor die slaai en besprinkel met die warm amandels. Giet die balsamiese asyn en olyfolie bo-oor. Lewer 4 porsies.