Tuesday 10 July 2012

Winter is die tyd om te beplan en gereed te maak

Jou groentetuin kan hierdie somer dalk net so mooi lyk.  OK ek moet toegee, myne was nie laasjaar naastenby so mooi nie, MAAR ek het 'n welige oes van 'n groot klompie groente uit my klein tuintjie gekry en dit was heerlik.  Begin in die winter beplan aan jou somer groentetuin.

Daar is tonne idees - kyk bietjie aan die regterkant onder "labels" en dan onder Tuin.  Daar is idees en ook tonne raad oor hoe om te maak en wanneer om wat te plant.  En as jy nog vrae het, vra gerus op ons facebook blad, want daar klets ons lekker saam oor ons ervaringe In en om die huis...