Tuesday 10 July 2012

Kinder versiering

Versier jou kinders se kamer, 'n speelgroepie se speelkamer of jou klaskamer op 'n maklike manier.

Leë glas flesse wat andersins in die drom sou beland kry nuwe lewe deur net plaasdiertjies bo op die deksels vas te plak met 'n sterk gom.  Spuit dan die dekseltjie en diertjie in 'n vrolike kleur en laat droog word.  So maklik en so oulik.

(Die diertjies kan goedkoop gekoop word by R5-shops en die glaspotjies is sommer leë konfyt potjies.)