Monday 2 July 2012

Trevor se springbokpot




Bestanddele:
2 fyngekapte uie
4 knoffelhuisies
olie om in te braai
½ t fyn kruinaeltjies
½ t fyn neutmuskaat
2 E gemaalde koljander
2 kg ontbeende springbokvleis
100 g spekblokkies
2 E sout
1 t fyn swartpeper
½ k gemengde vars kruie
1 glas rooiwyn
1 E Worcestersous
1 k water of meer
4 groot wortels, opgekap
6 aartappels, in kwarte gesny

Metode:
Braai die uie en knoffel in ‘n bietjie olie.
Gooi die kruinaeltjies, neutmuskaat en koljander by.
Voeg die vleis en die spek by en geur met sout en peper.
Maak ‘n mengsel van die kruie, wyn en Worcestersous en gooi dit oor die vleis.
Laastens word ‘n bietjie water bygevoeg.
Sit die deksel op en laat prut vir twee uur of langer, tot sag.
Voeg die wortels en aartappels by en kook tot sag.