Monday 2 July 2012

Pierre se lewerstappie





Bestanddele:
2 uie, fyngekap
2 knoffelhuisies
½ k botter
1 springboklewer en 2 niertjies, skoongemaak en opgesny
1 glas witwyn
1 E Worcestersous
Sap van ½ suurlemoen
2 E suiker
1 t sout
½ t fynpeper
1 brandrissie, ontpit

Metode:
Braai die uie en knoffel in die botter en skep dit uit.
Braai nou die lewer en niertjies en gooi die wyn, Worcestersous en suurlemoensap by.
Geur met suiker, sout en peper.
Skep die uie terug en gooi die brandrissie by.
Laat aanstap tot dit ‘n lang sous vorm.