Monday 2 July 2012

Tamatiesmoor met eiers





Bestanddele:
1 groot ui, gekap
1 E vet of botter
2 E suiker
10 ryp tamaties, skilletjies afgetrek en fyngekap
½ t sout
4 peperkorrels
6 koljanderkorrels
4 kruinaeltjies
6 eiers

Metode:
Braai die ui in die vet en strooi suiker oor.
Voeg die tamaties by, geur met sout, peper, koljander en kruinaeltjies en sit die deksel op.
Smoor tot dit gaar en waterig is.
Breek die eiers in die tamatiesmoor, sit die deksel op en posjeer tot dit gaar is.