Monday 2 July 2012

Pierre se vetkoek





Bestanddele:
500 g witbroodmeel
500 g bruinbroodmeel
1 pakkie kitsgis
1 E sout
Ongeveer 2½ koppies water
1 t vet
genoeg vet of kookolie om in te bak

Metode:
Knie die broodmeel, kitsgis, sout, water en vet saam.
Laat dit rys.
Rol dit in bolletjies en laat dit verder rys voor dit in die vet gebak word.