Julie maand is die regte tyd om Glads / Gladiolus in jou tuin te plant. Die bolletjies behoort nou oral beskikbaar te wees. 'n Oulike wenk is:
Plant elke twee weke 'n klompie bolletjies in die tuin. Dan het jy heel lente en somer gereeld nuwe blomme in jou tuin wat kleur verskaf in oorvloed.