Tuesday 10 July 2012

HERTZOGKOEKIES



Daleen Roodt Coetzee
 
BESTANDDELE
1 Kop Margarien 2 Eetl Suiker
3 Kop Meelblom 2 Tl Bakpoeier
Sout
6 Eierwitte

METODE;
1. Room die margarine en suiker tot sag en glad.
2. Voeg die meelblom, bakpoeier en sout by.Meng goed.
3. Voeg die styfgeklitste eierwitte by.
4. Meng met hand, as die deeg te styf is voeg nog ‘n eierwit by.Rol uit, druk in sirkels en plaas in gesmeerde kolwyntjiepan.

KLAPPERVULSEL:
BESTANDDELE:

6 Eierwitte. 3 Kop Klapper
2 Kop Suiker
Appelkooskonfyt
Bakpoeier

METODE:

1. Klits die eierwitte styf en voeg die suiker en klapper by.
2. Meng appelkooskonfyt met ‘n klein bietjie bakpoeier.
3. Skep ‘n teelepelvol in elke kolwyntjie degie.
4. Skep die klappervulsel bo-opdie konfyt.Bak by 180 C vir 10 tot 12 min lank.
Ai en as dit uit die oond kom, maak ‘n heerlike koppie tee en geniet,