Wednesday 11 July 2012

Kleurvolle tuin idee

Hierdie idee is dalk juis ideaal vir 'n klein tuin.  Dis 'n maklike uitleg / vorm en kan sonder baie moeite ook gedoen word in jou tuin.
Dis bloot 'n oorvloed van een soort blom bymekaar wat die mooi prentjie maak.  Petunias is 'n oulike keuse as jy dit vir jou tuin hierdie jaar wil probeer en iets soek wat maklik groei.  Groepeer blomsoorte bymekaar of herhaal oral in die tuin, om sodoende die oog te trek.  Die ander "geheim" - 'n netjiese grasperk.