Monday 2 July 2012

Huibrecht se skuinskoek




Bestanddele:
1,5 kg meel
2½ pakkies kitsgis
1 t sout
½ t fyn kaneel
½ t fyn gemmer
3 k suiker
250 g vet of margarien
1 t asyn
2 E anys
½ k baie warm water
± 4½ k water

Metode:
Meng die meel, gis, sout, kaneel, gemmer en suiker.
Vryf die margarine in die meelmengsel.
Voeg die asyn, anys en warm water by, meng en laat afkoel.
Voeg nog water geleidelik by en knie tot ‘n slap deeg.
Laat staan om te rys.
Knie af en maak deegrolle op die tafelblad.
Druk plat en sny diagonaal in “skuinskoek”.
Laat dit rys.
Bak in warm vet of olie tot dit gaar is.