Sunday 1 July 2012

Huibrecht se boermeelpap met kaiings




Bestanddele:
1 k bruinbroodmeel
½ t sout
3 k water
1 E skaapvet

Metode:
Meng die broodmeel met die sout, water en vet.
Laat dit stadig kook en roer aanhoudend tot dit dik en gaar is.
Sit die pot eenkant en braai die kaiings uit.
Strooi ‘n bietjie suiker en kaiings oor jou pap – en geniet dit!