Monday 9 July 2012

Hoenderlewergereg - Boerekos


 
 
Bestanddele:
4 gekapte salotte
olie om in te braai
1 glas witwyn
2 E gekapte knoffelhuisies
500 g hoenderlewertjies
2 takkies vars tiemie
½ k room

Metode:
Braai die salotte in ‘n bietjie olie.
Voeg die wyn en die knoffel by en laat dit smoor.
Gooi nou die hoenderlewer by en roer terwyl dit gaar word met ‘n bietjie vars tiemie vir geur.
‘n Bietjie room maak dit ryker.