Monday 9 July 2012

Die gortsop - Boerekos




Bestanddele:
500 g skaapstowevleis
1 ui, fyngekap
2 wortels, opgekap
2 rape, opgekap
Kookolie vir braai
4 aartappels, opgekap
250 g gort
1,8 liter water
½ k fyngekapte sopseldery
½ k fyngekapte pietersielie

Metode:
Braai die vleis en die ui in ‘n kastrol. Voeg die wortels en raap by en braai.
Gooi die gort en aartappels by en bedek met kookwater.
Laat prut en voeg die sopseldery by.
Voeg nog water geleidelik by terwyl die sop kook en voeg die pietersielie tien minute voor bediening by.