Monday 9 July 2012

Pannekoek - Boerekos





Bestanddele:
2 eiers
600 ml melk
500 ml (2 k) meelblom
2,5 ml (½ t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
30 ml (2 E) sonneblomolie
15 ml (1 E) brandewyn
olie vir bak

Metode:
Klits die eiers en melk en voeg die meelblom, bakpoeier en sout geleidelik by.
Klop die olie en brandewyn by.
Laat die beslag vir ‘n halfuur staan voor jy begin bak.
Keer die pannekoek op ‘n bord uit, strooi kaneelsuiker oor en druk suurlemoensap oor.
Rol op met ‘n vurk