Monday 9 July 2012

BROODPOEDING

 
 
 
Vida Nell
4 snye wit brood
Botter
2 eiers
125 ml (1/2 k) suiker
Knippie Sout
750 ml (3 k) melk
¾ k ontpitte roesyne
125 ml fyn klapper

Smeer die brood dik met botter.
Rangskik die snye met die gesmeerde kant na onder in n vuurvaste bakskottel.
Klits die eiers en voeg die suiker, sout en melk daarby.
Strooi die roesyne en klapper bo-oor die brood.
Gooi die melkmengsel oor die brood en laat staan vir 30 minute.
Bedek die bakskottel en bak in n matige oond (160C) vir halfuur.
Verwyder deksel en bak die poeding tot dit mooi bruin bo-op is.
Bedien met warm vla.