Monday 9 July 2012

GEELPAPWIELE BY BRAAIVLEIS

Corrie Vd Walt Duvenhage
750 ml Water
7.5 ml Sout
500 ml Mieliemeel
1 blik Geroomde mielies
100 g Botter
300 g Mozarella Kaas gerasper
1 bossie Basieljekruid, fyn gekap
250 g Spek (Streaky bacon)

Geelpap
Kook water, roer meel in, sagte hitte vir 15 minute oor backup kole
Roer geroomde mielies en botter in
Gooi in plat bak en druk plat tot 2cm
Koel af, gooi uit en sny sirkels uit 10 cm deursnee.
Sit kaas op helfte van sirkels en sprinkel met gekapte basil, maak toe met and hefte soos toebroodjies
Trek spek oor kante van sirkel en steek vas met tandestokkies. Sit in Weber met deksel op oop vents 15 minute voor jy wil eet saam met vleis.
Jy kan dit ook op toeknyprooster oor die kole maak.