Tuesday 5 June 2012

Wat is dit? Dieselfde ou storie? Toe nie...of dalk....

Hmmmm vandag is “World environment day” – al ooit gewonder wat dit nou eintlik is?  Hoekom al die bohaai?  Wat het dit met my en jou uit te waai?  Hierdie jaar praat hulle van “green economy” – dit het mos niks met my huis uit te waai nie…..of het dit?

OK na al die bladsye wat ek deurgesoek het op die internet vir ‘n “maklike verduideliking” was daar net mooi niks.  Daar is tonne bladsye in “geleerde taal”  en daar is tonne beskrywings van bladsye lank wat eintlik alles maar ook niks sê nie.  So toe dink ek.  Dalk is World environment day net ‘n dag waarop ons almal maar net ‘n slaggie aan moeder aarde kan dink.  Haar dalk kan “jammer kry” en probeer help.

Met so baie mense wat op hierdie een enkele aardbol bly, hoe kan ons help?  Almal sê ons is besig om die aarde te vernietig, maar wat kan ek doen……………….en onthou ek wil nie hard werk nie.
Hier is ‘n lysie wat ek en jy sommer so maklik maklik by ons huise kan doen.  Ja week nr. 1 is dit ‘n pyn om alles te probeer doen en onthou, maar later raak dit sommer so deel van die dag se doen en late.  Kom ons probeer ten minste:


1)       Skakel die ligte af as jy ‘n vertrek verlaat (hmmm klink soos jou ma se woorde?)
2)      Draai krane toe en maak seker hulle lek nie.  (Mens besef eers hoe kosbaar water is as jy die kraan oopdraai en daar is niks.)
3)      Plant ‘n boom of struik in jou tuin.  (Bome gee asem / suurstof.  Jy grawe net ‘n gat en prop hom daarin, gee hom water en hy sal groei.)
4)      Recycle as jou Munisipaliteit so ‘n program het.  (Ek het begin en dis vet pret en laat mens trots voel as jy sien met hoveel jou week se “drom inhoud” krimp.)
5)      Moedig skole en kleuterskole aan om ook bome te plant.  Dis so maklik om een af te kap, maar as jy dalk by die kleuterskool of skool ‘n boom (dalk ‘n lemoenboom vir die kinders) kan plant, is dit een ekstra boom wat ons kan help.

OK soos ek nou hier sit en tik besef ek daar is eintlik baie meer wat ons kan doen en wat tot ons eie voordeel kan wees.  Net daar in jou huis en tuin kan jy ‘n groot verskil maak.  Moenie dink “ek is een ou mensie – wie gaan weet of wat gaan dit saak maak” nie.  As elkeen so dink, gaan niemand niks doen nie……en waar laat dit ons dan vir 2020 of 2030?