Tuesday 5 June 2012

Klop die winter koue

Die eerste winterkoue begin begin so aan ons tone hap in SA en dan wil almal graag by 'n warm kaggelvuur sit in die aand.  Hoe gemaak as jou huis nie 'n kaggel het wat werk nie?
In ouer huise waar daar 'n ingeboude kaggel is, maar die kaggel werk nie goed nie of is dalk bo toe gebou, kan jy die kaggel vol kerse pak.  Dit gee 'n heerlike atmosfeer.  As jy dit bietjie meer "sprokiesmooi" wil maak, kan jy selfs "fairylights" gebruik en dit saam met hout stompe rangskik in jou kaggel.
 
As jou huis geen kaggel het nie of jy is dalk in 'n woonstel kan jy ook hierdie gesellige effek kry deur 'n klompie kerse op 'n tafel te rangskik.  Ja dit gaan nie soos 'n kaggel lyk nie, maar wie kan nou stry dat kerse 'n heerlike gesellige atmosfeer maak om by te kuier.....  Plaas 'n spieel onder die kerse om ekstra lig te weerkaats. 
 
Houtstofies is baie handig en gee heerlike hitte.  Sommige van die stofies is so oulik dat hulle selfs 'n ketel water bo-op kan warm maak.  Dit is dus 'n baie oulike idee vir krag bespaar.
 
Bly maar weg van die "fan-verwarmers" want dis blykbaar hulle wat die kragrekening laat oploop en kry eerder 'n paar lekker warm pantoffels, 'n warmkombers vir jou bed en 'n koppie warm sjokolade.....hmmmmm heerlike winter.