Monday 11 June 2012

Vinnige Souttert






Hierdie is 'n maklike en vinnige souttert, ek het al verskillende kombinasie van dit gemaak, probeer gerus.

Maak saam fyn: 5 snye brood (wit of bruin), 2 eetlepels margarine, 1½ koppie melk

Braai saam: 1 ui, ½ pakkie snipperspek en 4 weense worsies. Roer by broodmengsel plus:

1 ½ koppie kaas, 3 eiers met bietjie melk, ½ teelepel sout, pietersielie en rooipeper.
Bak by 180 ºC vir +/- 10 tot 15 minute.