Monday, 11 June 2012

Indiese Kerrie Hoender



3 eetl olyfolie
1 klein ui, gekap
2 knoffel huisies, fyn gemaak
3 eetl kerrie poeier
1 t kaneel
1 t paprika
1 lourierblaar
1/2 t gerasperde vars gemmer
1/2 t witsuiker
sout na smaak
2 vellose, ontbeende hoender fillette, in happie grootte gesny
1 eetl tamatie puree
1 k gewone jogurt
3/4 k klappermelk
1/2 suurlemoen se sap
1/2 t rooipeper

Verhit die olyfolie in `n pot oor medium hitte. Braai die ui tot ligbruin. Roer dit knoffel, kerrie poeier, kaneel, paprika, lourierblaar, gemmer, suiker en sout by. Roer vir 2 minute. Voeg die hoender, tamatie puree, yogurt en klappermelk by. Bring tot kookpunt, verminder die hitte en laat prut vir 20-25 minute. Verwyder die lourierblaar, roer die suurlemoensap en rooipeper by. Kook vir nog 5 minute.