Sunday 17 June 2012

Sousboontjies




Bestanddele:

2 k droë heerboontjies, oornag geweek en gedreineer
1 k suiker
½ k asyn
2 E botter
½ t sout
¼ t swartpeper
1 t mielieblom in ½ k water aangemaak

Metode:
Bedek die heerboontjies met water en kook tot dit sag is.
Voeg die suiker, asyn, botter, sout en swartpeper by.
Verdik dit met die mielieblom.