Sunday 17 June 2012
Tannie Stassen se tapiokapoeding
Bestanddele:
1½ k tapioka
4 k melk
4 eiers, geskei
4 E suiker
¼ t sout
1 t vanieljegeursel
1 k appelkooskonfyt
1 k suiker
Metode:
Bedek die tapioka met koue water, week dit vir drie ure lank en dreineer.
Kook die melk en gooi die tapioka in.
Roer tot die tapioka gaar en deursigtig is.
Meng die eiergele met die 1 koppie suiker, sout en vanieljegeursel en roer dit vinnig by die tapioka pap.
Gooi die pap in ‘n gesmeerde oondskottel.
Skep lepeltjies appelkooskonfyt bo-op.
Klits die eierwitte goed styf en klits dan die 4 eetlepels suiker by. Skep dit bo-op die poeding.
Bak teen 180º vir 12 minute tot die skuimpies begin bruin verkleur.