Sunday 17 June 2012

Kobus Du Raan se seekospot




Bestanddele:

2 E botter
2 groot uie, fyngekap
3 E fyngekapte knoffel
2½ k rys
1 E growwesout
2 liters kookwater
2x 350g pakkies gekapte knopiesampioene
6 soetrissies in rooi, geel en groen
6 kreefsterte, opgesny
500 g ferm vis, in blokkies gesny
1 kg  swartmossels, oopgestoom
1 kg calamari-ringe
1 glas droë witwyn
1 t gemaalde swartpeper
1 t skerprissie
sap van ½ suurlemoen

Metode

Sit die botter, uie, knoffel, rys en sout in ‘n pot, voeg die kookwater by en kook tot die rys byna gaar is.

Voeg die knopiesampioene en gesnyde soetrissies by en kook tot die rys gaar is.

Skep alles uit die pot.

Skep die kreefsterte en vis in die pot en voeg die swartmossels, calamari-ringe en ‘n glas droë witwyn daarby. Drink die res van die wyn. J

Geur die pot met ‘n bietjie swartpeper en skerprissie en druk die suurlemoensap oor.

Skep die rysmengsel bo-op en laat prut vir 20 minute.

Meng alles versigtig in die pot en bedien.