Monday 11 June 2012

sjokoladekoekresep





Riana De Klerk Ferreira
Miskien is hierdie sjokoladekoekresep 'n ou bekende by baie, maar ek het dit gister gekry en dit dadelik gaan maak en dit werk soos 'n bom. Al wat 'n mens nodig het is:
4 eetl. meel
4 eetl. suiker
2 eetlepels kakao
1 eier
3 eetl. melk
3 eetl. olie (ek het net 2 gebruik)
vanilla
sjokoladesplinters (opsioneel)
Meng alles saam. Spuit 'n groterige koffiebeker en mikrogolf dit 3 min. by 100% krag. Ek het myne net 90 sek. gebak. Dit was heerlik. Bedien dit met vla, roomys of gebruik dit as 'n koek.