Monday 11 June 2012

Vinnige melkkos

Christina Stienie Breed

1 blikkie kondensmelk
1 koppie koekmeel
sout na smaak
pypkaneel en suiker.

Verdun kondensmelk met water (omtrent 750 ml) na smaak
Meng sou en meel en frummel met water met 'n draadmenger tot dit dun stringetjies maak.
Verhit melk en roer met die draadmenger bietjie vir bietjie die frummels in die melk, skakel die stoofplaat laag na 2 of 3 en laat dit stadig prut terwyl jy kort-kort roer dat dit nie vasbrand nie. Laat dit vir omtrent 20 minute prut of tot frummels sag is. Bedien met pypkaneel en suiker.