Monday 11 June 2012

Koekstruif met muskadel




Bestanddele:
1 pakkie rooi jellie
1 pakkie groen jellie
1 sponskoek
4 E appelkooskonfyt
½ k muskadel, of meer
1 k heel groenvyekonfyt, opgekap
20 verglansde kersies, opgekap
½ k okkerneute, fyn gekap
2 k stywe vla

Metode:
Maak die rooi en groen jellie in aparte bakkies en laat gedeeltelik stol.
Sny die sponskoek in blokke en pak onderin die bak.
Smeer appelkooskonfyt bo-oor en skink bietjie muskadel oor.
Skep die rooi jellie bo-oor en sit in die yskas.
Sodra dit verder gestol het, strooi die groenvye, okkerneute en kersies bo-oor die rooi jellie.
Gooi nou die helfte van die vla oor.
Herhaal die proses en gebruik nou die groen jellie.