Monday 11 June 2012

Rosyntjiebrood




Bestanddele:
louwarm water om te bedek
1 kg koekmeel
1 pakkie kitsgis
1 k suiker
2 t sout
knippie gerasperde neutmuskaat
knippie fyn kaneel
2 k louwarm water
4 E botter, gesmelt
1½ k gewasde rosyntjies

Metode:
Meng die meel met die kitsgis, suiker, neutmuskaat en kaneel.
Voeg die louwarm water geleidelik by en meng goed.
Gooi die gesmelte botter by en knie tot die deeg elasties is.
Knie nou die rosyntjies in.
Maak twee broodjies op en laat dit rys tot dubbel die grootte.
As jy dit in die oond bak, doen dit teen 190 º C vir 40 minute.
As jy dit in die kole bak, sorg dat jou hitte goed versprei is.