Tuesday 5 June 2012

Handskoen in 'n kits

Soek jy oulike handskoene maar nie lus vir breiwerk?  Hier is 'n idee:

Daardie ou trui met die gate waarvoor jy so lief was en net nie oor jou hart kan kry om weg te gooi nie......
Sny sy arms af.  Maak 'n gaatjie vir die duim en werk die kante om sodat dit mooi afgerond is.  Versier dit indien nodig met 'n knopie of twee en siedaar jy het "instant"-handskoene.

(NS:  As die trui se lyf gedeelte nog bruikbaar is en iemand dalk kan warm maak, kan jy altyd die moue mooi afwerk en hom maar weer buite sit vir iemand wat hom nodig het.)