Friday 8 June 2012

Hekel blokkies in oorvloed


Saam met die winter het die lus vir hekel my beetgepak.  Toe ek nog klein was het ek al vroeg geleer hoe om te hekel.  Ek het baie goedjies al gehekel, maar ek kon nog al die jare nie die “granny square” regkry nie.  Na vele probeerslae het ek dit UITEINDELIK vandag vir die eerste keer reg gekry.  PERFEK VIERKANTIG soos dit mos moet wees.  Heng maar nou is ek trots op myself.  Toe gaan loer ek bietjie vir inspirasie – wat kan mens doen as jy ‘n klompie van hierdie blokkies het wat nog erens in ‘n kas rond lê.  Kyk hierdie oulike idees……



1)       ‘n Heerlike warm winter serp (foto bo) – selfs die “celebs” dra dit so dis hoog mode.
2)      ‘n “Cover” vir die warmwaterbottel (foto onder links)
3)      ‘n Vrolike sak vir inkopies of jou breiwerk (foto onder regs)

4)      ‘n Pragtige deken vir die bed of vir ‘n heerlike lente piekniek.  (foto links onder)
5)      ‘n Pragtige kussing wat enige vertrek hierdie komende lente sal opvrolik.  (foto regs onder)

6)      En kyk net die oulike huis-sokkies (foto links onder) – so maklik.
7)      En dan een van my gunstelinge – Groot en klein blokkies deurmekaar aanmekaar gewerk, maak ‘n pragtige deken waarop enigiemand trots sal wees.

As jy kan hekel, begin vandag met so ‘n projek in die winter en skenk dit vir iemand as jy al te veel het.  Daar is mense wat baie graag so ‘n spesiale geskenk sal wil ontvang.  Glo my ek het jare lank gewens iemand skenk vir my so ‘n knie-kombersie……….nou gaan ek begin met my eie projek.  Jippie !!!