Monday 25 June 2012

Basiese suikerstroop vir vrugtedrankies

Basiese Suikerstroop vir vrugtedrankies:
1 liter witsuiker (4 k)
1 litter kookwater (4k)
Smelt die suiker in die water en kook 10 min. 

Hier is ook 'n resep vir 'n grenedelladrankie: 
Grenedelladrankie:
250 ml (1k) stroop soos bo
500 ml (2k) water
Sap van 3 lemoene
Sap van 1 suurlemoen
500 ml (2k) grenedellamoes

Meng al die bestandele.  Sit voor met ys of Verdun met yswater.

Wenk:  Gebruik 500 ml (2k) druiwesap pleks van grenedellamoes.  (Kook en geniet)