Monday 25 June 2012

Hangmandjie vrolikheid

As jy hierdie lente sulke bolle vol vrolikheid in jou tuin wil he gee ons graag vir jou 'n lys van blomme wat geskik is vir hangmandjies:


Begonia, Felicia, Fuchsias, Helichrysum petiolare, Impatiens, Lobelia, Narcissus, Pelargonium (malva), petunia, verbena en Violas.

Wenk:  Jy het nie nodig om duur houers met spesiale voering te koop vir hangmandjies nie.  As daar 'n ou stuk skadunet erens in die garage rondle kan jy dit beslis gebruik om die mandjies mee uit te voer.  /Dit werk perfek.  Onthou net dat hangmandjies wat in volson hang gereeld water nodig het.