Monday 28 May 2012

Viskoekies





Voorbereiding van vis:

rou geelstert
2 lourierblare
skil van 1 suurlemoen
sout en peper

Om die viskoekies maak, kook eers die geelstert sag in witwyn waarby lourierblare, suurlemoenskil, sout en peper gevoeg is.

Bestanddele:

500 g gevlokte ferm vis
2 k fyn aartappel
1 k bruismeel
1 ui gerasper
3 eiers
⅓ k pietersielie
sout & peper
2 E suurlemoensap
varsgerasperde neutmuskaat

Metode:

Maak nou die viskoekies deur die gevlokte geelstert te meng met fyn aartappel, bruismeel, gerasperde ui en 3 geklitste eiers.

Roer hierby fyngekapte pietersielie, sout en peper en ‘n bietjie suurlemoensap en varsgerasperde neutmuskaat.

Vorm viskoekies, rol dit in meel en bak in vlak olie tot goudbruin.

(Boerekos)