Monday 28 May 2012

Koolslaai (Iets anders)

Elna Mynhardt Fyngerasperde kool, rosyne, mayonnaise en kondensmelk, sout en peper-Heerlik

Elisna Dalebout As jy biekie 'grand' wil wees, meng jou gewone kool met pers kool, sny kaas in blokkies en meng verder soos Elna. Heerlik

Dalene Brits
½ kool, gewas en in dun repe gesny
200g Tussers kaas, in blokkies gesny
½ pakkie dadels, gekap
¼ koppie grondbone

gekapte pietersielie
SOUS:
125ml mayonnaise
50ml kondensmelk
25ml asyn
25ml olie
Meng kool, kaas, dadels en grondbone saam. Meng die sousbestanddele saam. Giet oor slaai en meng goed. Besprinkel met pietersielie. Sit in yskas tot bediening.

Riana De Klerk Ferreira Gekerfde kool, blik kondensmelk, pakkie groen jellie, pynappelstukke. As jy wil mayonaisse. Meng en geniet. Lyk baie mooi en smaak heerlik.

Mariette Kotze Mayonaise en kondensmelk en sny malvalekkers in stukkies by die fyngesnyde kool met biki aromat.

Rene Truter Wessels meng met n bietjie Sandwich spread [die mayo]

Elmari Janse van Rensburg Fyn gerasperde kool mengsel wat jy op die rak koop, fyn pynappels uit 'n blik, rosyntjies, appel, suiker en mayonaise (Nola).....hmmmmmm

Yvonne van der Waltsleben Fyn kool met witsous - kan myself oor 'n mik eet daaraan.

Marietjie Le Roux Fyngerasperde kool, rosyne, mayonnaise,kondensmelk en 'n houertjie geroomde maaskaas. meng en geniet.

Lydia Buitendach Ek maak die kool, wortels en chives fyn in die Twista. Meng mayonnaise met 'n bietjie Mrs Balls Chutney. Gooi 'n bietjie melk by as die mayonnaise te dik is. Meng met die kool, wortels en chives en geniet. Ek het ook al suiker by die mayonnaise gevoeg om die suur te breek, maar dan voeg ek 'n bietjie rooipeper by die mayonnaise instede van chutney.

Susanna Jones Ek rasper n wortel by die fyn kool plus Fruit and Veg se kersfees koekmengsel en dan die mayo en kondensmelk heerlik!