Bestanddele
Sponskoek
4 ekstra groot eiers
375 ml suiker
5 ml vanieljegeursel
250 ml melk
30 ml botter
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
30 ml mielieblom
2 ml sout
Vulsel
1 x 230 g ongegeurde roomkaas
250 ml room
60 ml versiersuiker
50 ml koffielikeur
15 ml kitskoffiekorrels
100 ml kookwater
100 g donker sjokolade, fyn gerasper
Sponskoek: Voorverhit oond tot 180 °C en smeer twee koekpanne van 22 cm. Klits eiers, en suiker en geursel goed saam tot dik. Verhit melk tot net onder kookpunt saam met botter. Sif droë bestanddele oor eiermengsel en vou in.
Voeg warm vloeistof by en vou in. Verdeel beslag tussen twee panne en bak vir sowat 25 minute tot gaar. Laat in pan afkoel en keer uit.
Vulsel: Klits roomkaas tot glad.Klits room en versiersuiker saam styf en voeg roomkaas en 10 ml van likeur by. Klits deur. Los koffiepoeier in res van likeur en kookwater op.
Sny elke laag middeldeur en besprinkel met koffiemengsel. Smeer van roommengsel op drie van die koeklae en sprinkel ’n bietjie gerasperde sjokolade oor elkeen. Stapel opmekaar. Versier boonste koeklaag met orige roommengsel en sjokolade. Lewer een koek.