Monday, 28 May 2012

Reseppies met Avo




Karin Rheeders Pearson Hi paar resepies vir jou wat ek orals gekry het,

Eet lekker saam met Peter Veldsman
Dis avo-tyd...

AVOKADO-MOUSSE as voorgereg.

AVOKADO-MOUSSE (6 porsies) 375 ml (een en 'n halwe koppie) fyngemaakte avokadopulp 25 ml (2 eetlepels) suurlemoensap sout en varsgemaalde witpeper 12,5 ml (1 eetlepel) kerriepasta (as ``curry paste'' beskikbaar in alle kettingwinkels) 10 g (15 ml/ 3 teelepels) gelatien 50 ml (4 eetlepels) semisoet witwyn, by kamertemperatuur 250 ml (1 koppie) koue room 2 ekstragroot eierwitte

OM VOOR TE SIT: ekstra avokadoskywe, met suurlemoensap bedek 'n verskeidenheid slaaiblare 30 ml (6 teelepels) olyfolie 10 ml (2 teelepels) wynasyn, verkieslik Balsamiese asyn varsgemaalde swartpeper

VOORAF: Smeer ses individuele vormpies of een groot vorm met 'n inhoudsmaat van een liter met sonneblomolie. Keer onderstebo. 1. Meng die pulp en suurlemoensap en geur met sout, peper en kerriepasta. 2. Strooi die gelatien oor die wyn in 'n klein bakkie en laat dit spons. Mikrogolf 30-40 sekondes lank by 100 persent krag of plaas die bakkie met die gesponsde gelatien in 'n kastrolletjie met water en prut totdat die gelatien gesmelt en helder is. Verwyder en laat afkoel. 3. Klop intussen die room totdat die eerste sagte punte vorm. Moenie verder klop nie. Roer die koue gelatien by die avokado-mengsel en vou die room in. 4. Klits die eierwitte met 'n knippie sout tot amper styf en vou in. Skep in die voorbereide vorm(pies) en stamp die vorm(pies) liggies sodat die mengsel sonder enige lugblase is. Plaas 30 minute lank in die koelkas, verwyder, bedek met kleefplastiek en plaas minstens drie uur, maar verkieslik oornag, in die koelkas om volkome te stol. 5. OM VOOR TE SIT: Keer uit op ses voorgeregborde of 'n mooi opdienbord. Rangskik die avokadoskywe rondom, asook die slaaiblare. Drup 'n teelepel olie op elke bord en drup die asyn in die olie. Maal swartpeper bo-oor en sit voor.

TWEE TREFFERS:En albei maak boonop eersteklas broodjiesmere.

AVOKADO-MAASKAAS-DOOPSOUS (Lewer sowat 750 ml/ 3 koppies) 3 mediumgroot of 2 groot, ryp avokado's 25 ml (2 eetlepels) suurlemoensap gerasperde skil van een lemoen 'n halwe houertjie (125 g/ 125 ml/ 'n halwe koppie) geroomde maaskaas 6 jonguie, gewas en baie fyn gekap 25 ml (2 eetlepels) fyngekapte, vars pietersielie 3 ml ('n halwe teelepel) Tobasco-sous sout en varsgemaalde witpeper na smaak Halveer die avokado's, verwyder die pit en trek die skil af. Kap grofweg en verpulp in 'n voedselverwerker of vryf deur 'n sif. Roer die suurlemoensap en lemoenskil by. Roer die jonguie en pietersielie by en geur met Tobasco, sout en peper. Vou dan die maaskaas in net totdat die mengsel glad en egalig vermeng is. Moenie te veel roer of klop nie. Skep in 'n mooi bakkie, bedek met kleefplastiek en plaas 2-3 uur lank in die koelkas. Sit voor met enige van die krakerige aartappelhappies uit die winkel, of groentestokkies, samosas, broodstokkies en enigiets anders wat jy wil doop.

SKERP AVOKADO-DOOPSOUS (Lewer sowat 500 ml/ 2 koppies) 3 mediumgroot of 2 groot, ryp avokado's 25 ml (2 eetlepels) suurlemoensap 50 ml (4 eetlepels) mayonnaise sout en varsgemaalde witpeper na smaak 3 ml ('n halwe teelepel) fyngerasperde neutmuskaat 5 ml (1 teelepel) rooipeper 2 vet knoffelhuisies, gekneus, geskil en fyngemaak 5 ml (1 teelepel) aangemaakte Engelse mosterd 25 ml (2 eetlepels) fyngekapte grasuie (opsioneel) Berei die avokado's volgens die vorige resep en roer die suurlemoensap by. Geur die mayonnaise met sout, peper, neutmuskaat, rooipeper, knoffel, mosterd en grasuie en roer by die avokadomengsel in. Skep in 'n bakkie, bedek met kleefplastiek en plaas in die koelkas tot benodig. Doop soos hierbo. OMSKEP DIE DOOPSOUS IN 'N SOP Laat die mayonnaise uit die vorige resep weg en vervang dit met 250 ml (1 koppie) dik witsous, 500 ml (2 koppies) hoenderaftreksel wat van een ekstrakblokkie berei is, asook 250 ml (1 koppie) room.

Avokadoroom sop
. Kap 'n groot ui fyn en braai dit in 'n groot kastrol in 25 ml (2 eetlepels) olie tot dit sag en deurskynend is. Strooi 5 ml (1 teelepel) komynsaad en 5 ml (1 teelepel) sterk kerriepoeier oor. Voeg een gekapte selderysteel by en roerbraai 2 minute lank. Voeg 250 ml (1 koppie) goed gewaste bruin lensies wat oornag geweek is by en roer deur. Bedek met een liter (4 koppies) warm, ligte vleisaftreksel (gebruik net een ekstrakblokkie) en prut sonder om dit te bedek vir 30 minute. Skep skuim af. Toets of die lensies gaar en sag is. Indien nie, prut effe langer. Giet deur 'n sif en behou die vloeistof. Roer die lensies by die avokadoroomsop en voeg net genoeg van die behoue vloeistof by om 'n sop so dik soos lopende room te verkry. Strooi gekapte grasuie oor en sit voor. kado-mousse as voorgereg

Spek-peer-en-avo-slaai
'n Vullende slaai met 'n lekker romerige sous.
4 snye brood, korsies verwyder en in blokkies gesny
olyfolie
12 repies rugspek
2 ryp avokadopere
suurlemoensap
4 pere
slaaiblare
Slaaisous
30 ml Dijon-mosterd
30 ml witwynasyn
30 ml mayonnaise
30 ml vars room
30 ml olyfolie
suiker, sout en swartpeper na smaak
Stel die oond op 180 °C. Braai spek in pan en dreineer op kombuispapier. Hou eenkant. Plaas broodblokkies in oondpan en spuit of sprinkel met olyfolie. Skil en verwyder pit van avo's en sny in dun repies. Sprinkel suurlemoensap oor.
Ontkern die pere en sny in skywe.
Meng met spek en slaaiblare in 'n groot bak. Skud die slaaisous in 'n bottel op en giet oor slaai. Dien op met crouton.