Monday, 28 May 2012

Telefoonpoeding






Bestanddele - poeding:

1 k suiker
½ k botter
1 eier
3 E appelkooskonfyt
1½ k koekmeel
1 t koeksoda
1 t fyn gemmer
½ t sout
1 k melk

Bestanddele - poeding:

Room die suiker, botter en eier saam en roer die appelkooskonfyt by.

Meng die koekmeel, koeksoda, fyn gemmer en sout en roer dit by die bottermengsel.

Voeg die melk by en meng.

Vir die stroop:

3 k kookwater 1 k suiker gerasperde skil van 1 suurlemoen

Metode - stroop:

Maak die stroop deur die kookwater, suiker en suurlemoenskil saam te kook. Gooi die stroop in ‘n oondskottel en skep die deegmengsel in die stroop. Bak teen 180ºC vir 30 tot 40 minute.

(Boerekos