Monday, 28 May 2012

Outydse karringmelkpoeding






Bestanddele:

1½ E botter
¾ k suiker
3 eiers
3 E meel
1 t bakpoeier
knippie sout
1 k melk
2 k karringmelk

Mareta se outydse karringmelkpoeding maak ‘n mens so:

Room die botter en suiker saam, voeg die eiers 1 vir 1 by en klits goed.

Sif die meel, bakpoeier en sout en voeg by.

Maak aan met melk en karringmelk.

Gooi in gesmeerde bak. Sit klontjies botter bo-op.

Bak 40 min tot mooi ligbruin bo-op. Bedien met sitroen- of vye konfyt.

Wenk van Dine van Zyl:

Hierby kan ook 1 t vanieljegeursel gevoeg word.

(Boerekos)