Thursday 24 May 2012

Tuin idees vir wind en weer en nog meer

Hierdie tuintjie van ‘Pitmaston Primary School’ het my behoorlik twee keer laat kyk.  Ek dink dit is ongelooflik oulik en hier is die redes hoekom ek so sê en waarom jy bietjie kan idees “steel” by hierdie tuintjie:

1)       As jy beskutting teen wind en weer soek vir jou groente of kruie tuin – kyk die oulike plastiek bottel muur wat hulle gemaak het.  Dis maklik en herwin sommer ‘n hele paar plastiekbottels wat nie op die ashoop gaan beland nie.
2)      Daardie ou sokkernet wat die kinders nie meer gebruik nie, kan jy inspan as rank raamwerk  om jou boontjies teen te laat op rank.
3)      Nie lus om elke week of twee ‘n groot stuk grond skoon te hou van onkruid nie?  Kyk die oulike skaakbord uitleg vir boompies in potte.  Maklik om in stand te hou en baie kreatief.  (In stede van die gras in party blokke, kan jy verskillende kleure klippies gebruik.)

Daar is nog vele idees wat jy hier kan kry, helder stapblokke, water opvangbakke, ou buitebande vir plantbakke……Alles in ‘n baie klein area uitgelê wat wys mens het nie ‘n reuse tuin nodig nie.  Jy moet net erens begin.