Julanda Swanepoel
(My ma se resep)
6 Hardgekookte eiers
2 Koppies water
2 teelepels Kerrie
2 Uie (gesny)1 eetlepel Appelkooskonfyt
Halwe teelepel Peper
2 Eetlepels meel
1 Eetlepel Suiker
2 Eetlepels Asyn
2 Eetlepels Blatjang
2 Eetlepels Botter
1 Teelepel sout
Braai uie effens bruin in botter. Meng droe bestanddele en maak aan met asyn en blatjang. Roer dit by uie. Voeg water stadig by en roer aanhoudend. Laat 10 minute stadig kook. Gooi helfte van die sous in 'n warm bak. Rangskik eiers in langwerpige helftes gesny op sous . Gooi res van die sous bo-oor. Eet warm of koud. Dit is heerlik!