Monday, 28 May 2012

Herwin blikkies met 'n glimlag

Lorinda het vir ons hierdie oulike prentjie op gesit op die FB blad van 'n Totem pole wat gemaak is van blikkies.

Oulike projek vir die vakansie om die kinders besig te hou.  'n Oulike manier om ou blikkies te herwin en 'n skitterende voelverskrikker vir die groentetuin wanneer die kinders klaar is daarmee.  Net die ding om hulle aktief en weg van die tv te kry hierdie vakansie, want dit kan maklik binnehuis gemaak word as dit reen.  'n Paar ou koerantpapiere op die garage vloer en die kinders gaan besig bly vir 'n hele rukkie.