Monday 23 April 2012

Hertzoggies


Dalk het jy Boerekos op Kyknet net so baie geniet soos ek en soek jy ook daardie "hertsoggie" resep wat al so baie pryse gewen het....., so ek sit hom vir ons hier om na te verwys in die toekoms.  Dis regtig 'n maklike reseppie.  Geniet dit.


Maak die deeg aan deur die volgende te meng:
60 ml (¼ k) suiker
2 E botter
3 eiergele
15 ml (1 E) yskoue water
500 g 2 k) bruismeel
¼ t sout en ‘n ¼ t neutmuskaat
Rol uit.
Druk ronde stukke deeg uit met ’n koekiedrukker en voer gesmeerde kolwyntjiepanne hiermee.

60 ml (¼ k) appelkooskonfyt
wit van drie eiers
250 ml (1 koppie) strooisuiker
500 ml (2 k) klapper
Skep ’n teelepel vol appelkooskonfyt in elke stukkie deeg.
Klits die wit van die eiers styf, klop die strooisuiker geleidelik by en sorg dat dit ingesmelt het.
Vou die klapper by en meng goed. Skep hiervan bo-op die tertjie, maar maak seker dat daar geen
gaatjies is waaruit die appelkooskonfyt kan kook nie.
Bak in die oond teen 180 ˚C vir ongeveer 20 minute of tot die deeg goudbruin is.