Tuesday 24 April 2012

Tanna Hanna Arangiese se krakelinge





Boerekos op Kyknet

Bestanddele:


2,5 kg (groot pak) meelblom

plus nog 2 k (500 mℓ) meelblom

2,25 ℓ kookwater

25 ml (5 t) sout

375 ml (1½ k) suiker

125 ml (½ k) sonneblomolie

500 g (1 pak) botter, gesmelt

20 g (2 pakkies) kitsgis

Metode:

Smelt ‘n pond botter en gooi ‘n halwe koppie kookolie by.

Meng die vloeistof stadig in die meel in, knie en sit die skottel op ‘n warm plek om te rys.

Daarna word die deeg gerol en in vlegsels gedraai.

Bak teen 180˚C.

Sodra dit uit die oond kom, word die vlegsels los gedraai, in stukkies gebreek en in die oond gedroog.

Dit wat daar uitkom, noem mens krakelinge.



Dine se notas:

Hierdie is ‘n ou resep, wat oorspronklik in ponde was. Die 2,5 kg meelblom is nie genoeg nie, daarom die ekstra meelblom.