Wednesday 25 April 2012

Sjokoladegevulde teelepels







Dié lepeltjies vol sjokolade is ‘n heerlik saam met warm sjokolade. Maak sommer ‘n paar as ‘n geskenk vir jou geliefde.
Maak 10 lepels
Bestanddele:
  • 50 g goeie sjokolade
  • 10 teelepels
Metode:
Kap die sjokolade in klein stukke en smelt dit in die mikrogolfoond of ’n glasbak op ’n kastrol met pruttende water.
Doop die teelepels in die sjokolade, balanseer dit oor die rand van die tafel (sit ’n vel tinfoelie of bakpapier op die vloer ingeval dit mors) en sit ’n swaar voorwerp soos ’n boek bo-op die stele. Laat die sjokolade stol en verpak die teelepels in ’n mooi houer.