Wednesday 25 April 2012

sjokolade koek met coke

Yvonne Pelster

Maak 1 laagkoek .
Wat het jy nodig:
480 ml bruismeel,
50 ml kakoa,
2 ml koeksoda,
200 g botter,

250 ml Coca Cola,
100 ml melk,
330 ml strooisuiker,
2 eiers,
5 ml vanieljegeursel :
Wat moet jy doen:
• Sif die meel , kakoa , koeksoda , en strooisuiker saam in n mengbak .
• Smelt die botter en Coca - cola oor lae hitte .
• Voeg die bottermengsel stadig by die droe bestanddele saam met die melk , eiers en vanielje .
• Roer tot glad en giet die beslag in die voorbereide panne .
• Bak 40 min 180 grade C.
• Laat die koek 10 min in die panne afkoel keer uit op n draadrak en laat heeltemal afkoel .
Versiersel :
750 ml versiersuiker
150 g botter
50 ml Coca - Cola
45 ml kakoa gesif
• Smelt die botter, Coca - Cola en kakoa oor lae hitte en giet dit oor die versiersuiker .
• Roer of klits saam tot goed gemeng .
• Gebruik as vulsel en versiering . Baie lekker