Wednesday 25 April 2012

Kuier buite

Ek dink elke tuinier moet so 'n "lazyboy" in sy tuin hê.

Dis so maklik om te maak.  Jy pak net die strooibale soos op die foto hierbo en versier dit verder met jou gunsteling kombers en 'n luilekker kussing.  Hierdie idee kan ook gebruik word vir 'n onthaal as jy op 'n plaas woon en baie spasie het.  Dink net hoe lekker sal 'n spitbraai wees met sulke stoele vir jou gaste......Dit sal voel asof hul in 'n sitkamer sit en kuier......