Thursday 26 April 2012

YSTERVARKIES


Almarie de Jager
Lewer 25 Varkies

Koek
230 g (250 ml) botter
250 g (310 ml) suiker
3 eiers
420 g (750 ml) koekmeel
10 ml bakpoeier
knippie sout
250 ml melk

Verhit oond tot 200 ˚C. Klits botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Sif droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melk by botter-mengsel. Gooi in 'n gesmeerde vierkantige pan van 22 x 22 cm en bak vir 20 - 30 minute. Haal uit en laat koud word. Sny in 25 blokkies.

Sous
60 ml kakao
375 ml water
600 g (750 ml) suiker
15 ml botter
500 g klapper

Plaas al die bestanddele behalwe die klapper in 'n kastrol. Bring tot kookpunt en laat kook vir 2 minute. Doop koekblokkies in stroop en rol dan in klapper.